Fisiese Onnies

October 13, 2011

Eksperimente

Filed under: — fisieseonnies @ 8:25 pm

    Onsigbare ink met suurlemoensap

 

EKSPERIMENT 1

 

Doel:

Die doel van hierdie eksperiment is om die werk van suurlemoensap – oksidasiereaksie wat plaasvind – in die ontstaan van onsigbare ink, te ondersoek.

 

Apparaat en toerusting:

  • ‘n Halwe suurlemoen
  • Water
  • ‘n Eetlepel
  • Glasbak
  • Oorstokkie
  • Wit papier
  • Gloeilamp

 

Metode:

1.    Druk die halwe suurlemoen uit in die bak en
voeg ‘n paar druppels water by.

2.    Meng die water en suurlemoensap deeglik met
‘n lepel.

3.    Doop die oorstokkie in die mengsel en skryf
jou “boodskap”  op die wit papier.

4.    Wag totdat die sap heeltemal droog is.

5.    Wanneer jy jou “boodskap” aan iemand wil wys,
hou die papier naby ‘n lamp (vir hitte), sodat die “boodskap” duidelik kan
word.

http://www.youtube.com/watch?v=H8LV-X9DJHU

 

    Die maak van ‘n Tornado in ‘n bottel

 

EKSPERIMENT 2

 

Doel:

Die doel van hierdie eksperiment is om die leerders te leer hoe ‘n tornado ontstaan en om die sentripitale krag wat deel is van die eksperiment, te ondersoek.
Apparaat en toerusting:

  • Water
  • Deursigtige plastiekbottel met ‘n prop
    (wat nie lek nie!)
  • Fyn blinkers (Glitter)
  • Skottelgoedseep (Sunlight liquid)

 

Metode:

1.    Vul die plastiekbottel met water, driekwart
vol.

2.    Voeg ‘n paar druppels skottelgoedseep  in water.

3.    Gooi ‘n paar lepels blinkers in die water
(maak tornado meer sigbaar).

4.    Draai die prop ordentlik vas op bottel.

5.    Draai die bottel onderstebo en hou dit aan die
bokant vas.  Draai die bottel in ‘n vinnige sirkelbeweging vir ‘n paar sekondes   en neem die mini-tornado in die
water waar.

http://www.youtube.com/watch?v=reEQfFVeJUw

 

      Vulkaanuitbarsting

 

EKSPERIMENT 3

 

Doel:

Die doel van hierdie eksperiment is om ontstaan van ‘n eenvoudige vulkaan te ondersoek.

Apparaat en toerusting:

  • Rooi voedselkleursel
  • Klei
    (vir die vorming van die vulkaan)
  • Koeksoda
  • Asyn

 

Metode:

1.    Vorm ‘n vulkaan met die klei.

2.    Plaas ‘n lepel koeksoda binne-in die vulkaan.

3.    Plaas ‘n paar druppels rooi voedselkleursel
in vulkaan.

4.    Gooi ‘n bietjie asyn bo-op die koeksoda en
voedselkleursel.

5.    Neem waar wat gebeur.

http://www.youtube.com/watch?v=49P4e1DLm6w

 

    Fisiese en Chemiese veranderinge

 

EKSPERIMENT 4

 

Doel:

Die doel van hierdie eksperiment is om vas te stel of die reaksies wat gaan plaasvind, ekso- of endotermies is.
Apparaat en toerusting:

  • Twee klein skoon glasbekers
  • Vier polistireen bekers
  • Teelepel
  • Glasstafie
  • Termometer
  • Kopersulfaat, ammoniumnitraat, natriumhidroksied, natriumwaterstofkarbonaat (koeksoda), magnesiumpoeier, sinkpoeier, verdunde soutsuur, verdunde swawelsuur en water

 

Metode:

Ondersoek 1:

1.    Maak ‘n oplossing deur kopersulfaat by 25 cm³
water te voeg.

2.    Voeg een gelykvol teelepel sinkpoeier by die
oplossing.

3.    Hou die beker met die inhoud in jou een hand vas en gebruik jou ander hand om die inhoud met die glasstafie te roer.

4.    Neem waar wat met die temperatuur van die oplossing gebeur.

 

Ondersoek 2:

1.    Voeg 25 cm³ water in ‘n skoon glasbeker.

2.    Voeg drie gelykvol teelepels ammoniumnitraat by die water.

3.    Hou die beker met die inhoud in jou een hand vas en gebruik jou ander hand om die inhoud met die glasstafie te roer.

4.    Neem waar wat met die temperatuur van die oplossing gebeur.

 

Ondersoek 3:

1.    Doen elk van die volgende reaksies (een op ‘n slag) in sy eie polistireen beker (kwart of half vol):

  • Natriumhidroksied + verdunde soutsuur.
  • Kopersulfaatoplossing + magnesiumpoeier.

2.    Maak gebruik van die termometer om die temperatuur te meet direk nadat die stowwe bymekaar gevoeg is.

3.    Roer telkens die inhoud van elke bekertjie en neem weer die temperatuur van die oplossing.

 

 Die meetinstrumente van stroom, weerstand en potensiaalverskil

 

EKSPERIMENT 5

 

Doel: 

Die doel van hierdie eksperiment is om die potensiaalverskil in ‘n parallelle en serie stroombaan te ondersoek, asook om die ammeter en voltmeter te ondersoek.

 

Apparaat en toerusting:

  • Drie 1,5 V flitsselle
  • Twee identiese gloeilampies
  • Vier ammeters
  • Drie voltmeters
  • Geleidingsdrade

 

Metode:

Vir die serie stroombaan:

1.  Stel ‘n serie stroombaan op soos in die onderstaande diagram en noteer die ammeters se lesings.

 

  1. Skroef een van die gloeilampies los en neem waar wat met die ander gloeilampie gebeur.
  2. Skakel afsondelike voltmeters oor elke gloeilamp, asook ‘n voltmeter oor die
    battery.  Noteer die voltmeter se lesings.
  3. Verwyder al die voltmeters.  Skakel nou ‘n voltmeter  parallel aan die punt xy.  Noteer die lesing.

 

Vir die parallelle stroombaan:

  1. Stel ‘n serie stroombaan op soos in die onderstaande diagram en noteer die ammeters se lesings.

 

  1. Skroef een van die gloeilampies los en neem waar wat met die ander gloeilampie gebeur.
  2. Skakel afsondelike voltmeters oor elke gloeilamp, asook ‘n voltmeter oor die
    battery.  Noteer die voltmeter se lesings.
  3. Verwyder al die voltmeters.  Skakel nou ‘n
    voltmeter  parallel aan die punt xy.  Noteer die lesing.

 

   Die buig van water met statiese elektrisiteit

 

EKSPERIMENT 6

 

Doel:

Die doel van hierdie eksperiment is om statiese elektrisiteit, magnetisme en elektronladings te ondersoek.

 

Apparaat en toerusting:

  • ‘n Plastiek haarborsel (of opgeblaaste ballon)
  • ‘n Smal stroompie water uit die kraan
  • Droë hare

 

Metode:

1.    Maak die kraan oop sodat ‘n smal stroompie
water daaruit loop (water moenie drup nie).

2.    Kam die borsel sowat tien minute deur jou
hare.  Indien jy ‘n ballon in die plek
van die haarborsel gebruik, moet jy hom ook vir ‘n paar minute teen jou hare
vryf.

3.    Beweeg die borsel of ballon stadig na die
stroom toe en dan weer weg van die stroom af (sonder om aan die water te raak).  Neem waar wat gebeur.

http://www.youtube.com/watch?v=nZ6NoPuGb0M



8 Comments»

  1.    Mauritz — October 24, 2011 @ 8:34 pm
         Reply

    Baie goed en baie bruikbaar in die praktyk.

  2.    Laurita — October 24, 2011 @ 8:34 pm
         Reply

    Baie oulik!

  3.    Shané Biddulph — October 25, 2011 @ 3:42 pm
         Reply

    Die blog lyk stunning!!!! Ek LOVIT!!!! Julle het ongelooflik baie moeite gedoen. Die Hoërskool leerdeers sal baie voordeel trek uit die aktiwiteite en eksperimente wat julle op die blog geplaas het. Wens ek het toegang gehad tot so ‘n blog toe ek nog op skool was! Sou definitief my punte drasties verbeter het. Baie trots op julle en goeie werk!

  4.    Elize — October 26, 2011 @ 4:52 pm
         Reply

    Sjoe! dit is oulik. Ek kan nie wag om hierdie idee te sien groei nie.

  5.    lanie botha — April 14, 2013 @ 1:32 pm
         Reply

    Dis baie leersaam

  6.    lanie botha — April 14, 2013 @ 1:35 pm
         Reply

    Leersaam

  7.    lanie botha — April 14, 2013 @ 1:38 pm
         Reply

    baie leersaam

  8.    Carlen Wahl — August 25, 2013 @ 12:49 pm
         Reply

    Kan iemand asb vir my die gevolgtrekkening van eksperiment 4 stuur asb??


RSS feed for comments on this post.  TrackBack URI

Leave a reply


© 2014 Fisiese Onnies   Provided by WPMU DEV -The WordPress Experts.
Hosted by Edublogs.org